VRAAG 4: LEESTUK TEKS E Lees die volgende leesstuk en beantw…

VRAAG 4: LEESTUK TEKS E Lees die volgende leesstuk en beantwoord die vrae.     Surf’s up Cody is ‘n branderryer en wil soos sy held Big Z wees. Sy storie word in die vorm van ‘n skreeusnaakse dokumentêr vertel en die span voer met verskeie “mense” onderhoude. Cody se probleem is dat hy op die een of ander manier uit sy tuisdorp, Shiverpool wil wegkom, want daar is al werk-eiers verlê en vis verpak. Ons jong held droom van roem en om aan die Big Z Memorial – branderry kompetisie deel te neem. Hy tref dit gelukkig toe iemand wat talent jag die dorp besoek en sy droom bewaarheid. By die kompetisie sien Lanii, die lewensredder, Cody raak en is dadelik dolverlief. Cody loop oor van selfvertroue tot hy drie dae voor die kompetisie met sy branderplank van ‘n reuse brander afstort. Daarna bevind ons held hom op moedverloor se vlakke. Gelukkig neem Lanii hom na haar oom Geek wat sy beserings dokter en hom daaraan herinner waarom dit wonderlik is om ‘n branderryer te wees. Hier by Geek maak Cody ‘n paar interessante ontdekkings. Dit is ‘n bogemiddelde tekenprent en die hele gesin sal dit geniet. (Aangepas uit Huisgenoot, 25 Januarie 2018, bl. 18, Jana Botha)

INSTRUKSIES:   Die vraestel bestaan uit DRIE Afdelings…

INSTRUKSIES:   Die vraestel bestaan uit DRIE Afdelings: Afdeling A: 30 Afdeling B: 40 Afdeling C: 10 TOTAAL:   80 1. Die antwoorde wat  jy verskaf in hierdie vraestel moet jou eie persoonlike werk wees, en mag van geen ander bron gekopiëer word nie. 2. Lees alle vrae noukeurig deur voordat jy dit beantwoord. 3. Die blokkies kan in ander TABS oopgemaak word om die Begripstoetse, strokiesprent of advertensies oop te maak. 4. Onthou om ten alle tye jou leestekens te gebruik. 5. Gebruik die volgende spesiale karakters soos dit benodig word. Jy kan dit hier kopieër en plaas in die betrokke plek.  ê, ï, î, ü, é, â, ä, à, ë, è, ì, ô, ö, ò, û  6. Geen toepassings soos woordeboeke en vertalers mag tydens hierdie vraestel gebruik word nie.